Jaarboeke

Sielkundige assessering (2) 755


 
Modulekode SLK 755
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud

*Geslote - slegs vir BSocSciHons (Sielkunde). Vereis departementele keuring.

*Hierdie module word slegs in Engels aangebied.

Hierdie is ‘n teoretiese module wat handel oor die proses verbonde aan psigometriese evaluering van menslike gedrag binne verskeie kontekste. Dit sluit nie professionele opleiding in om ‘n psigometris te word nie. Die module handel oor onderwerpe soos die multidimensionele aard, oogmerk, en eienskappe van assessering; kritiese kwessies in sielkundige evaluering binne die Suid-Afrikaanse konteks; die redes vir wetlike beheer en etiek van sielkundige evaluering; die geskikte gebruik van verskeie tipes psigometriese en assesseringsmetodes en instrumente; asook die proses van integrasie van evalueringsresultate en verslagskrywing.

Modulekrediete 15.00
Kontaktyd 1 lesing per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Akademiese organisasie Sielkunde
Aanbiedingstydperk Semester 1 of Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences